Creating Wines of Distinction

Jy weet nooit waar die lewe jou sal vat nie …

Dis met ‘n dankbare hart dat ek skryf oor my rugby-kykervaring by DHL Kaapstad Stadium. Met die wedstryd tussen die Springbokke en Wallis wat 5-uur sou afskop, het ek gedink dis iets wat ek op die radio sal luister terwyl ons van die werk af huis toe ry.

Min het ek geweet dat een van my grootste huidige drome bewaarheid sou word. Dit is net na twee toe ons eienares Carolyn Martin my na haar tafel toe roep om van Hermanus se inspirerende storie te kom vertel. Die storie van Akeem Booysen, ‘n nefie van my, wat Hermanus-gemeenskap se harte vinniger laat klop het deur sy ontmoeting met die legendariese Springbok-speler, Cheslin Kolbé.

Nou my woorde aan die gaste was dat  ek ook eendag so ‘n geleentheid wou hê om ‘n live rugbywedstryd te gaan kyk. En daar word ek verras deur Carolyn se woorde: “Do you want to go watch the game?” Met ‘n gesukkel van woorde was myne aan haar: “You know it’s in Cape Town and kicks off at five?” Met haar ernstige gesig sê sy: “Yes, I know  that’s why I ask if you want to go”.  Ek: “I would love to go as I have never been before.”  Ek was plat geslaan, gesukkel om te fokus op my gaste want kan dit waar wees, gebeur dit regtig met my?

 

‘n Paar minute later kom Carolyn na my toe, gee my ‘n groot stywe drukkie en sê: “Get ready you need to leave now!”  Wat is besig om te gebeur? My woorde is min, my trane lê vlak en ek voel iemand gaan my nou met water gooi en ek gaan wakker word van my droom. Toe ek myself vind, sit ek langs Sophia, die MD van Pebbles Project, op pad Kaapstad toe om die manne in die groen en goud te gaan kyk.

Ons kom net betyds voor die begin van die wedstryd aan en soos ons nader stap hoor ek hoe 50 000 Suid-Afrikaners Nkosi Sikelele sing. My hart wil bars! Ek is hier, regtig hier.

Ons word ontvang deur een van Investec se dames en sy vat ons deur na ons sitplekke. Nou ja, hier bevind ek myself op ‘n Saterdag in die VIP-losie van Investec met die oop blou lug bo my en die mooiste rainbow nation-gees om my. Dit is ‘n opportunity of a lifetime was my woorde aan die wat dit nog nie ervaar het nie. Met my voete op die grond en my Springbok-trui aan skree ek “GO BOKKE, GO BOKKE”. Carolyn het my mos die titel gegee van Creation Cheerleader. My land my trots. Pollard, Bongi, Siya en Eben met jou 100ste toets, dankie dat julle vir my wys wat dit is om trots te wees. Julle het ‘n game of ‘n lifetime gehad en elke jong seun in die land kyk op na julle toe. Dankie vir die voorbeeld wat julle is vir ons.

Die wedstryd is gewen en die Bokke het seker gemaak ek gaan nie weg met ‘n hartseer hart nie.

Die Investec-span en Sophia, julle gasvryheid van kos, drankies en geselskap is iets wat ek vir altyd sal koester en my kleinkinders van vertel. Dankie ook aan Carolyn wat altyd ‘n geleentheid sien en altyd die ekstra myl gaan om dit te laat gebeur. Dit was nie net ‘n belewenis nie maar die cherry op die koek was om deel te wees van die mexican wave wat mens altyd net op TV sien. Die dag was die horings op die bok!!!

Nina Booysen

Share Button

0 Comments

Leave a comment

Your email address will not be published.

*
*
*

Creation on Facebook

Creation Shop

Blog

News & Media

Archives

Search